Volhoubare Parasiet Bestuur
Miskruiers vir Afrika
"Die boere se klein helpertjie"


Die hoof-doelwit van die handelsmerk is om wetenskaplike navorsing om te sit in 'n bruikbare hulpmiddel vir die boer om sodoende beter besluite te neem oor parasiet beheer.
Geskiedenis van die "Dung-Beetle-Friendliness" Handelsmerk
- Slegs enkele anti-parasitiese middels wat beskikbaar is vir Suid-Afrikaanse boere is al getoets vir die effek wat dit het op miskruier spesies onder plaaslike toestande. In 2003, het plaaslike ekotoksilogiese anti-pasrasitiese siftingproses die gevolg gehad dat die Universiteit van Pretoria 'n "dung-beetle-friendliness" handelsmerk geregistreer het. Die "dung-beetle-friendliness" handelsmerk sal nuwe standaarde stel in Suid-Afrika vir nie-teiken effekte van antiparsitiese middels vir lewende hawe. 'Novartis Animal Health' is die eertse vervaardigers wat hul anti-parasitiese middels vir vee aan toetsing onderwerp.
Die effek van anti-parasitiese middels op nie-teiken spesies
- Dodelik
- Maak geselekteerde miskruier spesies dood in die mis vir 'n paar dae na behandeling, waarna dit moontlik nie meer 'n effek sal hê nie
- Sub-dodelik
- Affekteer geseleteerde miskruier spesies op subtiele maniere wat kan manifesteer as 'n verswaking van fertiliteit of geaffekteerde onvolwasse stadia
- Omgewing
- Affekteer miskruier fauna as 'n geheel in die veld onder natuurlike toestande
Gradering Sisteem
Produkte wat reeds getoets is vir die effek wat dit op miskruiers het word volgens 'n 3-, 2-, of 1-ster rang gegradeer.| Afwesig | Afwesigheid van die handelsmerk beteken dat die produk nie getoets is vir nie-teiken toksisiteit nie. |
![]() | Gebruik van die produk behoort beperk te word, bv. In voerkrale, en behoort nie gebruik word naby weiding nie omdat dit ernstige nagevolge op miskruier populasies sal hê. |
![]() | Produk is gepas vir nie-gereëlde gebruik |
![]() | Produk het 'n minimale impak op miskruiers en word beskou as veilig en gepas vir gereelde gebruik |




