Ons mikpunt is om bewustheid te bevorder oor die belangrikheid van miskruiers en gesonde boerdery metodes vir gesonde agro-ekosisteme.
Projek Motivering
Die belangrikste funksie van miskruiers lê in die mis-begrawings aktiwiteite wat lei tot verhoogde grond vrugbaarheid, beter belugting en water penetrasie asook die voorkoming van geakkumuleerde voortplantings medium vir peste en parasiete soos vlieë en nematodes.
Ons wil die gebruik van omgewings toksiese antiparasitiese middels omdat residues in die mis van behandelde lewende hawe giftig is vir miskruiers.
Die gevolg is dat, mis ongeprosseseer bly, wat verder lei tot tot die bederf van weiding en ekonomiese verliese (in die VSA: $120mil jaarliks) en gevolglik is daar ‘n ontploffing van mis-broeiende parasite en vlieg populasies wat verder lei tot verhoogde gevalle van parasiet infestasie in lewende hawe asook kinder mortaliteit in mense.
Nog ‘n groeiende dilemma staar boere in die gesig – bosluise en nematodes ontwikkel weerstand teen antiparasitiese middels, wat dan weer ‘n sterker en meer langdurende, asook duurder, antiparasititiese middel vereis wat ernstige negatiewe nagevolge op die omgewing het.
Ons doel is om die omgewings toksisiteit van beskikbare antiparasitiese middles te bepaal, die boere gemeenskap in te lig oor die vlak van omgewings toksisiteit en die belangrikheid van miskruiers in agro-ekostelsels te publiseer.
Uitkomste
Vermindering van die gebruik van miskruier toksiese antiparasitiese middels wat sal lei tot gesonder miskruier gemeenskappe.
Effektiewe miskruier gemeenskappe sal die hoeveelheid ongeprosesseerde mis en gevolglik ook die voortplantings medium van baie parasiete van lewende hawe en vlieë verminder.s
Weiding gesondheid en produktiwiteit sal verbeter.
Dit sal effektief lei tot verminderde gevalle van parasiet geinduseerde siektes van lewende hawe en mense in die platteland.
DUS: Beter gesondheid van diere en gevolglik, beter jaarlikse ekonomiese omset!!