Geskiendenis van invoer van miskruiers in Australië (1966 - 1986):

Europese nedersetting in Australië het die natuur van die landskap permanent verander. Sleutel veranderinge sluit in gedeeltelike tot gehele vernietiging van plantegroei en die introduksie van weiding plante, ongewenste indringer plante, beeste en ander gedomestikeerde diere. ‘n Groot gedeelte van die jaarlikse droë material produksie van weiding word deur beeste na mis omgeskakel, wat beteken dat die vraag na effektiewe hersirkulering van voedingstowwe vergroot.

Australië het sy eie ryk en unieke fauna miskruiers wat saam met buideldiere (marsupials), wat gewoonlik relatiewe droë en baie veselagtige mis bolletjies produseer, ontwikkel het. Hierdie kewers, met enkele uitsonderings, is nie aangepas om beesmis effektief te gebruik nie, of koloniseer nie mis in ontbosde, oop habitatte nie. Die gevolg was dat voor die bekendstelselling van eksotiese miskruiers, was beesmis nie begrawe of opgebreek op enige manier nie, behalwe waar die inheemse kewers wel ‘n impak gehad het.

Dit het tot verskeie probleme gelei, hoofsaaklik die volgende:
  • Beesmis is die belangrikste broei medium vir die uitheemse buffel vlieg, die inheemse bos vlieg en vier ander spesies Culicoides byt miggies, waarvan sommige bekende vektore is van siektes soos efemeer- koors (driedaagse siekte)
  • Mis bederf weiding, onderdruk plantegroei en bevorder die groei van onbenutbare plantespesies rondom die miskoek
  • Plant voedingstowwe word vasgevang in onontbintde miskoeke, wat die hersirkulerings proses aansienlik vertraag
  • Daar is ‘n verlies van stikstof aan die atmosfeer van die onbegrawe mis
  • Metaan en koolstofdioksied word vrygelaat in die atmosfeer

Op ander kontinente waar herkouers geëvolueer het, soos in Afrika, India en Europa, was daar ‘n parallele evolusie van diverse miskruier faunas wat mis gebruik vir voeding en voortplanting. Dit het verseker dat baie van die mis begrawe of afgebreek was tydens die groei seisoen.

Beeste het in Australië aangekom sonder dat enige van die miskruiers aangepas was vir die afbreek van beesmis. Dit was deur Dr George Bornemissza, van die CSIRO Afdeling van Entomologie opgemerk. Hy het onthou dat in sy land van herkoms, Hongarye, dit algemeen was om te sien hoe miskruiers groot hoeveelheide mis verwyder uit miskoeke. Hy het voorgestel dat uitheemse miskruiers wat beesmis kan verwerk, ingevoer moet word na Australië. Om sodoende probleme wat geassosieer word met onbegrawe mis te verminder.

In die middel-1960's het George Bornemissza na Suid-Afrika gereis om ‘n navorsings tak in Pretoria op te stel vir ‘n miskruier voorstellings projek. Die projek was befonds deur die CSIRO en die Australiese Vleis Navorsings Kommittee. Teen die einde van 1970, was eiers van drie spesiesmiskruiers na Canberra toe gestuur, gevolg deur nog vyf ander spesies in Maart 1971. Hierdie spesies was almal vir Noord-Queensland geselekteer. Amper ‘n dekade se werk van selektering en versameling van miskruiers vir uitvoer na Australië het daarna gevolg. Sake aan die Australiese kant was in Canberra gekoördineer, waar kwarentyn en massa voortplantings werk gedoen was. Vragte van die nuwe miskruiers was vanaf Canberra na voorafbepaalde ko-operateurs verskeep na streke regoor Australië.

Impak van die uitheemse miskruiers:

Teen 1980 was menigde spesies miskruiers reeds gevestig by sommige van die areas in Australië waar miskruiers vroeër vrygelaat was. Hier het miskruiers soms in groot getalle te voorkskyn gekom, alhoewel hulle aktiwiteite aansienlik gefluktueer het deur die groei. Die begrawe en afbraak van mis was noemenswaardig met tye en gedurende sulke episodes het die voortplanting van buffel vlieë in miskoeke drasties verminder. Wanneer intense miskruier aktiwiteite vir langer as ‘n paar weke aangehou het (langer as die leeftyd van die vlieë), het die getalle van díe vlieë verminder, maar het gewoonlik weer toegeneem soos die miskruier aktiwiteite begin afneem het. Dit het bewys dat miskruiers wel ‘n impak het op die voortplanting van vlieë, maar dat die effek nie volhoubaar was deur die buffel vlieg seisoen nie. Die algemene terugvoering van boere in Wes-Queensland gedurende daardie tydperk het aangedui dat bosvlieg populasies aansienlik afgeneem het sederdien die vestiging van die miskruiers.
[http://www2.dpi.qld.gov.au/beef/13131.html]