Volhoubare Parasiet Bestuur
Miskruiers vir Afrika
"Die boere se klein helpertjie"


Vryburg Landbou-skou 2009
Die Vryburg Landbou-skou is Suid Afrika se derde grootste landboukundige vertoning en die grootste veevertooning in Afrika. Vryburg is geleë halfpad tussen Kimberley en Mafikeng in die Noord-Wes Provinsie en hierdie jaar se skou was van die 29ste April tot die 1ste Mei. Vryburg is Suid Afrika se grootste beesvleis produserende distrik, waar Hereford beeste die mees popular ras is. Hierdie area staan daarom ook bekend as "die Texas van Suid-Afrika". Vandag is Vryburg die industriele en landboukundige hartland van die Bophirima streek en die area ondersteun 'n groot aantal wild en vee plase.
As deel van ons veldtog om bewustheid te skep rondom die belangrikheid van muskruiers in volhoubare parasiet-beheer, het die Miskruiernavorsingsgroep by hierdie jaar se skou ‘n uitstalling gehou. Ons doelwitte tydens die skou was om inligting te versprei rakende ons navorsing om terugvoering van die publiek te ontvang aangaande die Miskruiervriendelike dipstowwe en insekdoders en om ons handelsmerk, wat binnekort op sekere produkte gaan verskyn, bekend te stel. Dit was wonderlik om die mense van Vryburg, wie ons ‘n warm verwelkoming gegee het, te leer ken. Die algemene gesindheid was positief en ons het gevind dat die publieke meer wou weet oor miskruiers en ons handelsmerk.
Hoop om julle by die Vryburg Landbou Skou in 2010 te sien!
Onder is ‘n paar fotos van die Vryburg Landbou Skou hierdie jaar.









