Voordele en Gebruike:

Miskruiers speel ‘n belangrike rol in landbou as bio-indikators van weiding kwaliteitdie; juis oor hulle beperkte habitat toleransie, komplekse saamgestelde struktuur en hullle sensitiwiteit tot habitat versteuring.

Tonnel aktiwiteite deur miskruiers verbeter die voedingstof sirkulasie en grond struktuur. Die grond word beter belug, met die gevolg dat water dreinering en infiltrasie in die grond verbeter. Deur mis te begrawe word grong vrugbaarheid verbeter, asook die spoedige hersirkulering van nutriente. Die beskikbaarheid van plant voedignstowwe word vermeerder en die getalle van mis-broeiende peste neem af.

Verspreiding en hersirkulering van mis verminder die bederf van weiding en verminder die beskikbare habitat waarin peste soos vlieë kan uitbroei. Sodoende word lewende hawe verder beskerm. Die verwydering van mis verlaag water kontaminasie wat indirek alge groei in damme, strome en waterweë beperk, weens die afname in voedingstof afloop.

Verbruik van mis deur miskruiers verminder parasiet ladings. Miskruier aktiwiteite onderbreek die lewensiklusse van nadelige interne parasiete.

Dung beetle cartoon

In die Algemeen:

  • Winste vermeerder
  • Weiding kwaliteit verbeter
  • Lewende hawe gesondheid en getalle verbeter