Volhoubare Parasiet Bestuur
Miskruiers vir Afrika
"Die boere se klein helpertjie"

Klassifikasie
Koningkryk: Animalia (Diere)
Filum: Arthropoda (Geleedbeendige)
Superklas: Hexopoda (6-bene)
Klas: Insecta (Insekte)
Subklas: Pterygota (Gevleulde insekte)
Orde: Coleoptera (Kewers)
Suborde: Polyphaga (Waterkewers, "Rove Beetles", Miskruiers, Boktorre)
Superfamilie: Scarabaeoidea (Miskruiers, "Stag-" en "Bess Beetles")
Familie: Scarabaeidae (Miskruiers)
Subfamilies:

- Scarabaeinae (Ware miskruiers)
- Aphodiinae (False miskruiers)
- Cetoniinae (Vrugte kewers en torre)
- Dynastinae (Renoster kewers)
- Rutelinae (Blom kewers)
- Melolonthinae (Lente kewers)
Spesies:
Daar is sowat 4500 spesies miskruiers wêreldwyd, waarvan ongeveer 2000 spesies in Afrika voorkom en waarvan sowat 800 in Suid-Afrika voorkom.
Daar is sowat 4500 spesies miskruiers wêreldwyd, waarvan ongeveer 2000 spesies in Afrika voorkom en waarvan sowat 800 in Suid-Afrika voorkom.
Groeperings: 3 Hoof Groepe
- Miskruiers kan opgedeël word in 3 ekologiese tipes naamlik:
ROLLERS, TONNELERS en DWELLERS.

- Rollers
- Die rollers hanteer mis deur dit weg te rol en te begrawe ver van waar dit eerste laat val is. Die mis word in sferiese balle, naamlik broeiballe, gerol en word gebruik as ‘n voedsel bron of broeikamer. Hierdie broeiballe word dikwels deur ‘n broeipaar gerol, maar in sommige gevalle klim die wyfie op die bal en word dan saam met die bal deur die mannetjie weggerol. Een eier word in elke broeibal gelê en een wyfie kan gemiddeld ses van hierdie broeiballe voortbring in haar leeftyd.

- Tonnellers
- Die tonnelers tonnel onderdeur die miskoek en begrawe dan ‘n gedeelte daarvan direk onder die miskoek. Die voordele daarvan om mis te begrawe is dat die lewewnsduur daarvan as ‘n voedsel item verleng word. Dit word beskut word teen omgewings elemente en die ontwikkelende larwes in die mis word beskerm teen parasiete en predatore. Die wyfie (en soms ook die mannetjie) bly by haar broed tot na die eiers uitgebroei het en soms tot die larwes pupeer, wat in sommige gevalle so lank soos 4 maande kan neem.

- Dwellers
- Die dwellers lê eenvoudig hul eiers direk in die mis waar dit laat val is. Die volledige ontwikkeling van eier tot volwassene vind dus plaas in die miskoek. Meeste van hierdie spesies is relatief klein maar verkies groot miskoeke en wys veral ‘n voorkeur vir beesmis. Die volwasse miskruiers word in vars mis gevind terwyl ontwikkelende larwes makliker gevind word in mis wat al reeds ‘n paar weke oud is.

Kompetisie vir voedsel en spasie
- Daar is sterk kompetisie tussen die verskillende miskruiers vir beide voedsel en spasie in ‘n miskoek. Kompetisie onder larwes word grootliks verminder by spesies wat die mis ondergronds begrawe, omdat voesel wat deur die volwassene voorsien word slegs beskikbaar is vir daardie spesifieke larwe in die broeikamer. Kompetisie vir spasie word deur die rollers opgelos deurdat hulle misballe vervoer na minder oorlaaide areas. Die onderstaande table wys die potensiaal vir kompetisie tussen die drie groepe.
| Funksionele Groepe | Volwassenes | Larwes | ||
| Voedsel | Spasie | Voedsel | Spasie | |
| Rollers | + | - | - | - |
| Tonnelers | + | + | - | - |
| Dwellers | + | + | + | + |
Habitat
- Miskruiers kom op elke kontinent voor behalwe Antarktika. Hulle bewoon ‘n verskeidenheid van habitatte, insluitende woestyn, landbou grond, woude en graslande en hou nie van verskriklike koue of droë toestande nie.
Voorkoms
Algemene voorkoms:
Lede van die Miskruier familie wissel in grootte vanaf kleiner as 1mm tot die reuse Goliat kewer (Subfamilie: Cetoniinae) wat tot 11cm groot kan word.
Hulle kom in ‘n verskeindenheid kleure voor wat wissel van dowwe en glansende swart tot metaal groen, koper en rooi.
Mannetjies van sommige spesies het horings op die kop of toraks.

Sommige spesies het sterk en ook dikwels ‘getande' bene wat gespesialiseerd is om misballe te rol en om mee te grawe.

Voeding
- Baie miskruiers voed op sampioene, verrotte en ontbinde plantmateriaal en vrugte, maar die meeste voed op mis wat deur herbivore en omnivore uitgeskei word. Volwassenes voed op die vloeibare gedeelte van mis terwyl larwes op beide die vloeibare en veselagtige gedeeltes van mis voed. Miskruiers kan mis van ‘n afsienlike afstand opspoor weens hulle sterk reuksin. Hulle benodig geen ander voedselbron nie, NIE EENS WATER NIE, omdat mis al die noodsaaklike voedingstowwe bevat.
Vlug
- Miskruiers is sterk vlieërs en kan in ‘n enkele vulg afstande van etlike kilometers aflê. Sommige spesies is dagvlieërs, en vlieg gedurende daglig, en sommiges is nagvlieërs, en vlieg tydens sons ondergang en voor dagbreek. Sommige spesies is vlerkloos soos bv. Circellium bacchus wat in die Addo Olifant Nasionale Park voorkom.

Voortplanting
- Die wyfie lê ‘n enkele eier in elke broedbal
- Die larwe broei na ‘n paar dae uit
- Na‘n aantal weke pupeer die larwe
- Die volwassene kom vanuit die broedbal te voorskyn
- Volwasse kewers vergader mis waarmee hulle broedballe vorm wat die volgende generasie larwes sal voed

Kliek op n' onderwerp om die inligting te besigtig. Kliek weer om die inligting te laat verdwyn.